Thursday 11 May 2023

KoFie-Projek: Meer oor ons WhatsApp Bediening

 Deurbrake met ons WhatsApp bediening:

Hoe gebruik on WhatsApp saam met Facebook?

Deur 'n WhatsApp nommer op ons Facebook blaaie te plaas, kan persone wat om sekere redes 'n meer veilige kommunikasie metode vereis, ons op WhatsApp kontak. Dis veral noodsaaklik en van groot waarde vir Muslim persone. So het verskeie persone ons reeds op WhatsApp gekontak, van wie ons die data dan verder kan gebruik.

  • Deur verskeie WhatsApp Broadcast groepe stuur ons so aan 'n groot aantal persone op een slag evangelisasie-materiaal. 
  • Tans het ons reeds meer as 4,900 Muslims kontakte met wie ons gereeld op hierdie manier kommunikeer - 
    • Kontaknommer: +27-79-0899391)
  • Verder het ons meer as 2,500 ander kontakte, ook  op Suid Afrikaanse bodem, waar ons fokus op die verspreiding van Koninkryksgefokusde Bybelse beginsels - 
    • Kontaknommer: +27-76-4285260)
  • Ons werk tans op 24 WhatsApp Groepe wat veral fokus op verskillende aspekte wat aktueel is vir Moslems.
  • Dan gebruik ons 17 WhatsApp Groepe in ons kommunikasie met mense ander onderwerpe, soos Evangelisasie, Sendingmobilisering en ander Koninkryksgefokusde materiaal. 
  • Persone wat ons vanaf Facebook op WhatsApp kontak, ontvang 'n outomatiese antwoord boodskap met 'n lys van al die WhatsApp Groepe wat hulle uitnooi om daarby in te skakel.
  • Verder nooi ons die persone op ons kontak-lyste via Broadcasts asook op ons Facebook Blaaie om deel van hierdie groepe te word. Sodanig groei van hierdie groepe met baie nuwe lede. 'n Paar van hierdie Groepe bestaan reeds uit meer as 300 lede.
  • Die aantal Persone met wie daar tans deurlopend op hierdie Groepe gesprekke gevoer word, staan tans op meer as  2,700. 
  • Ons span medewerkers wat oor die tyd saam met ons begin werk het, is reeds meer as 120 persone - sommige selfs vanuit die buiteland. 

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.